|
rooi lilly - blue filter
kleurteorie
moet natuurlik verder bestudeer word as mens werklik 'n sukses wil
maak van iets soos fotografie wat swaar op kleurbeginsels rus en
sal sekerlik interessante opsies uitlig. komplementêre kleure, die
kleurwiel en al daai. voorlopig kom ek nie daarby uit nie, verlate
op emosie en intuïsie. seker naïef maar om die hele tyd een of ander
teorie in gedagte te hou, is darem te erg
filters wel, en dus op die mog het troffe manier. eendag weet ek
sal ons alerhande truuks met digitale metodes kan uithaal. sal
mens werklik die ryk kleure van 'n polarizer kan naboots? dis 'n
gunsteling, feitlik alle prentjies hier in sonlig gemaak, is gedoen
met 'n polarizer
dan nog 'n lig oranje om dinge bietjie reg te trek in bewolkte
toestande, anders is alles blou-grys en soms 'n gradient filter
om die kontras tussen die lig bo en onder die horison nader aan
mekaar te kry
die
bloue hier gebruik op die lelie is eintlik een om die geel tungsten
gloeilamp lig vir daglig films aan te pas ...
die
het ek hierdie skemeraand opgesit oorlat ek weer 'n kak blou melankoliese
gevoelte aan die rond dra was. as jy jouself dan bullshit dis 'n
besoek van die muse kan enigiets gebeur. film word gewoonlik tempo
hewig gewaste - seker dieselfde refleks as comfort shopping
hier
weer, met die apparatuur op hul limiete vir die donkerte, was dit
'n elikser. die klap van die shutter klink dan nogal lekker. selfs
die gewag op die lab was met vertroue
|