colour only seems to be a material property. in reality it exists exclusively as a sensory perception on the part of the viewer... the outside world is colourless, it consists of colourless matter and colourless energy - Kueppers, The Basic Law of Color Theory my akademiese agtergrond lê met die toegepaste wiskunde en fisika, het weliswaar daarmee gestop toe ons kwanta en ander erger abstrakte non-entiteite moes probeer verstaan. maar ek maak uit van cause and effect en die treintjie van teorie, hipotese, experiment, waarneming daar's skynbaar meer aan kleur as wat die oog kan sien, of minder liewer - kleur bestaan nie sonder oë of vir that matter waarnemings apparatuur soos fototoestelle nie wat mens deur die view finder sien is weerkaatsde lig vanaf, moontlik nog selfs mee geknoei deur die atmosfeer of willens 'n filter of twee. die kleur wat die oog bereik is eintlik alles uit die spektrum lig wat op die onderwerp inval en nie ge-absorbeer word nie. Die voorwerp se egte 'kleur' is eintlik die negatief van wat mens te siene kry? meer nog, dit hang af van die lig wat daarop inval. Die mees sprekende hiervan is hoe in die donkerkamer alle wit rooi is onder die dowwe lig van híerdie kleur. na 'n wyle lyk dit wit - dit bly maar 'n wonder elke keer as die images uit die papier verskyn - wat weer dui op die kompenserende aksies wat in die waarnemer se brein aan die gang is kleur is alleen maar die produk van die waarnemer se sensoriese persepsie! now add mind altering substances to the mix ... baie alkohol maak blind! meer nog, die lig 'strale' is deursigtig, is eintlik slegs elektromagnetiese golwe met golflengtes tussen 400 en 700 nanometer en het sigself geen kleur nie. lig dra slegs kleur informasie en die word 'n kleur as dit deur 'n sensoriese stelsel ge-interpreteer word Verbeel jou niks het kleur nie, daar is hoegenaamd geen kleur nie! niks is wat dit altyd voorgegee het om te wees nie. and the same colour could appear very different for two separate observers too. babas sien baie meer blou byvoorbeeld. was daar nie ook 'n beroemde painter wat na 'n kornea operasie al sy paintings minder rooi oorgeverf het nie? volgende:
a la einstein's e=mc², all matter, all objects one feels and sees
in a colour that does not really exist, are not physically there and are
just lumps of energy ...
© lemoene 1987 |